Smulmaatjies
Klein handjies, groot pret
Prettige kookklasse vir 4–5 jariges
Speel • Leer • Smul
Bespreek jou plekkieOor Smulmaatjies
Smulmaatjies stel jong kinders bekend aan die wêreld van kos op 'n speelse, veilige en opvoedkundige manier.
Luistervaardighede en die volg van instruksies
Selfvertroue
Basiese kennis van kos en gesonde keuses
Taal & telvaardighede
Aktiwiteite
Eenvoudige sny, roer en smeer
Herkenning van verskillende kossoorte
Spanwerk
Opruim as deel van leer
Aanleer van waardevolle opvoedkundige begrippe
Veiligheid
Jou kind se veiligheid is ons eerste prioriteit.
Geen oop vure nie
Gebruik van kinder-veilige toerusting
Volwasse toesig te alle tye
Allergie-inligting word vooraf verkry
Kostes & Klasse
R1 080 per kwartaal
9 lesse ingesluit
- R250 eenmalige registrasiefooi (jaarliks)
- Betalingsopsies beskikbaar
- Klein klasse — slegs 6 maatjies
- Ouderdomsgroep: 4–5 jariges
- Ligging: Uitsig Kleuterskool
Slegs 6 plekke per klas
Oor die Onderwyseres
🍓 Cheron is 'n gekwalifiseerde laerskooljuffrou met 'n groot liefde vir kinders, kreatiwiteit en kos.
Voor die koms van haar eie kinders het sy haar eie koekbesigheid bestuur waar sy haar passie vir bak en skep kon uitleef. Hierdie ervaring het haar nie net waardevolle vaardighede in die kombuis geleer nie, maar ook gewys hoe kos mense bymekaar bring en vreugde skep.
Vandag kombineer sy haar liefde vir onderrig en kos deur Smulmaatjies. Haar hart is om jong kinders te help leer en ontdek – nie net hoe om kos te maak nie, maar ook om selfvertroue, onafhanklikheid en belangrike lewensvaardighede in en om die kombuis te ontwikkel.
By Smulmaatjies glo Cheron dat leer pret moet wees, hande-vuil moet wees, en klein oomblikke gevul moet wees met baie trots en genot. 🧁